On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Africa News

Nóg bewerings van omkopery teen prediker T.B. Joshua

───   08:19 Mon, 22 Sep 2014

Nóg bewerings van omkopery teen prediker T.B. Joshua | News Article

Lagos - 'n Nigeriese joernalis beweer dat die omstrede prediker, T.B. Joshua probeer het om plaaslike joernaliste om te koop en so te verseker dat hulle nie oor sterftes by sy kerk berig nie.

'n Gastehuis by sy kerk in Lagos het op 12 September ineengestort, met die presiese dodetal wat nog onseker is. Minstens 86 mense is na bewering in die voorval dood, waarvan 84 Suid-Afrikaners is.
 
Nicholas Ebekwe het aan die SAUK gesê dat Joshua koeverte aan joernaliste uitgedeel het, wat elkeen sowat R3 000 bevat het.
 
Ebekwe sê hy was verras dat sommige kollegas die geld aanvaar het.
 
Inligting oor die ramp was tot dusver moeilik bekombaar en duidelike besonderhede skaars.
 
'n Span senior Suid-Afrikaanse reddings-en forensiese kenners het vroeër in Nigerië aangekom om ondersoek in te stel na die getal Suid-Afrikaners wat dood is.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.