On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Sapo lê klag teen betogers

───   18:20 Wed, 01 Oct 2014

Sapo lê klag teen betogers | News Article

Vanderbijlpark - Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) het 'n klag van kwaadwillige saakbeskadiging teen betogers ingedien nadat die poskantoor hier onder die vandale deurgeloop het.

 Sapo-woordvoerder, Lugile Lose sê van die gebou se vensters is stukkend en die betogers het twee motors aan die brand gesteek. Niemand is in die voorval beseer nie.

Tydelike werkers staak reeds die afgelope twee weke en dring daarop aan om permanent aangestel te word. Sapo het verlede jaar onderneem om meer as 7 900 tydelike werkers heeltyds aan te stel. Sapo maak gebruik van ? gefaseerde benadering waar hulle deeltydse posisies aan tydelike werkers aanbied as ? alternatief tot kontrakwerk deur die gebruik van arbeidsmakelaars.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.