On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Africa News

Namibië wil vernederende babaname verban

───   10:39 Sun, 05 Oct 2014

Namibië wil vernederende babaname verban | News Article

Windhoek - 'n Namibiese gebruik om babas vernederende name soos “shame on you” te gee kan dalk binnekort iets van die verlede wees.

Peya Mushelenga, adjunkminister van buitelandse sake, het aan AFP gesê hy wil die gebruik deur wraaksugtige pa's om hulle kinders name soos “Ndalipo” (I was there) te gee, wettiglik verbied. Die tipe name is algemeen onder Namibië se Aawambo-stam.
“Pa's kan nie babaname gebruik om wraak te neem op die ma's nie,” het Mushelenga gesê. “'n Kind se naam het 'n emosionele en sielkundige effek op die kind wat die res van sy lewe die naam moet saamdra.”

Talle wêreldlande het beperkings rakende toelaatbare kindername. Namibië se wetshervorming- en ontwikkelingskommissie beplan om 'n aanlynpeiling te doen om te help besluit of die land dieselfde paadjie moet loop.
 
Sapa/AFP

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.