On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Bfn polisieman vas na beweerde verkragting in polisiesel

───   THANDI XABA 14:56 Thu, 18 Dec 2014

Bfn polisieman vas na beweerde verkragting in polisiesel | News Article

Bloemfontein - 'n Plaaslike polisieman sal na verwagting op 13 Januarie volgende jaar in die stad se landdroshof verskyn vir sy borgtogaansoek nadat hy glo 'n 26-jarige vrou in aanhoudingselle verkrag het.

Die beweerde verkragting het Maandag in die aanhoudingselle by die Heidedal polisiekantoor plaasgevind. Die vrou is aangehou vir aanranding.
Die nasionale woordvoerder van die onafhanklike polisie- ondersoekdirektoraat, Moses Dlamini, sê die polisieman het by die vrou aangelê en het homself op haar afgedwing. Sy het om hulp geskree.

Dlamini sê die direktoraat ondersoek die voorval.
 
Thandi Xaba/OFM-nuus

Podcasts

Moses Dlamini:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.