On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Africa News

Dodetal styg ná oproer by Zim-tronk

───   10:19 Sun, 15 Mar 2015

Dodetal styg ná oproer by Zim-tronk | News Article

Harare - Die dodetal na 'n oproer by 'n maksimum-sekuriteitgevangenis in Zimbabwe het intussen tot drie gestyg, het die Zimbabwe-uitsaaikorporasie Saterdag gesê.

Tot 900 gevangenes het Vrydag by die Chikurubi-gevangenis oor swak kos betoog. Soldate, die berede polisie en die brandweer is ontbied.
 
Daar is bewerings dat die polisie op die betogers geskiet het, maar owerhede het bevestig slegs loskruitpatrone is gebruik.
 
ZBC het in 'n berig op sy webwerf gesê nog twee gevangenes het intussen beswyk aan beserings wat hulle tydens die oproer opgedoen het. Een gevangene is glo tydens 'n stormloop dood.
 
Twee bewaarders word steeds by 'n privaat hospitaal in Harare behandel.
 
'n Groep van vyf gevangenes het glo die oproer begin toe hulle hul komberse aan die brand gesteek het.
 
Die toestand van ses gevangenes wat ernstig beseer is, is nie bekend gemaak nie.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.