On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Africa News

Nigeriese Weermag red sowat 300 mense van Boko Haram

───   07:13 Wed, 29 Apr 2015

Nigeriese Weermag red sowat 300 mense van Boko Haram | News Article

Abuja - Die Nigeriese Weermag het op die sosiale netwerk, Twitter, bevestig dat hy 200 meisies en 93 vroue in die noorde van die land gered het.

Die Weermag sê dit blyk dat die sowat 270 meisies, wat meer as 'n jaar gelede deur Boko Haram uit Chibok ontvoer is, nié deel van dié groep is wat gered is nie.
 
Chibok is sowat 100 kilometer vanaf die Sambisa-woud waar die jongste groep gered is. Die Nigeriese Weermag sê ook dat hy minstens drie van Boko Haram se kampe in die woud vernietig het.
 
Nigeriese en ander Wes-Afrikamagte het die afgelope ruk groot oorwinnings oor die militante groep behaal sedert hulle met hulle offensief teen Boko Haram begin het.
 
ANA
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.