On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Africa News

Ooreenkoms oor Burkina Faso

───   09:36 Sun, 20 Sep 2015

Ooreenkoms oor Burkina Faso | News Article

Daar is luidens berigte aanduidings dat 'n ooreenkoms in Burkina Faso bereik is en dat die mag weer aan die burgery oorhandig gaan word.

Die SAUK berig leiers van Benin en Senegal het blykbaar daarin geslaag om die politieke krisis in hul buurland te ontlont.

Volgens die ooreenkoms sal Burkina Faso se verkiesing, wat op 11 Oktober sou plaasvind, waarskynlik uitgestel word.

Soldate van die presidensiële wag het Woensdag president Michel Kafando en verskeie ministers gevange geneem en die politieke oorgang in die land ontspoor. Tien mense is dood en tientalle beseer toe die staatsgreep uitgvoer is.

Die president van Benin, Thomas Boni Yayi sal later vandag waarskynlik 'n aankondiging maak.

SAUK

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.