On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

Lekkerste patats

───   08:25 Sat, 24 Mar 2012

Lekkerste patats | News Article

500 g patats, geskil en in blokkies gesny
1 x 400 g-rol gekoopte skilferkorsdeeg, ontdooi
1 koppie bruinsuiker
1 koppie room
1 teelepel karamelgeursel (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ’n reghoekige oondbak. Kook die patats in ’n bietjie soutwater tot net sag en dreineer. Druk die patats fyn. Rol die deeg op ’n meelbestande oppervlak uit en plaas in die oondbak. Skep die patats op die een helfte van die deeg en vou met die ander helfte toe. Knyp die randjies met jou vingerpunte saam om die deeg te seël. Meng die suiker, room en geursel en gooi oor die deeg. Bak 30 minute tot goudbruin en gaar.
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.