On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

National

Polisieminister ondersoek die diens se demilitarisering

───   08:53 Thu, 02 Oct 2014

Polisieminister ondersoek die diens se demilitarisering | News Article

Pretoria - Die minister van Polisie, Nkosinathi Nhleko, het 'n span aangestel om die demilitarisering van die polisiediens te ondersoek.

Hy het by die Polisie Opleidingskollege in Pretoria gesê hy is bekommerd oor die negatiewe persepsie rondom die polisie.
 
Die minister het beklemtoon dat samewerking met die publiek altyd belangrik sal bly.
 
Volgens Nhleko beteken die demilitarisering van die polisie nie dat daar met range weggedoen word nie, maar dat die polisie 'n ander benadering en metode van polisiëring moet volg.
 
Die span sal ook ondersoek instel na die onwettige deportasie van Zimbabwiërs deur die polisie en wysigings aan die Wet op Nasionale Sleutelpunte.
 
SAUK

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.