On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Extra time

Saturday Sport Braai recipe: Biltong mielie-paptert

───   16:23 Sat, 23 Jul 2016

Saturday Sport Braai recipe: Biltong mielie-paptert | News Article

Dit is koud buite! Bly eerder binne en maak 'n biltong mielie-paptert.

BESTANDDELE

1,25 liter water

15 ml sout

750 ml mieliemeel

1 x 410g blik geroomde suikermielies

hand vol vars tiemie

2 x 410 g blik gekapte tamaties

15 ml olyf- of avokado-olie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngemaak

250 g knopiesampioene, in skyfies gesny

sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak

250 ml gekerfde biltong

375 ml Cheddarkaas, gerasper


METODE

Verhit die oond tot 220°C. Smeer ’n 30 cm x 25 cm oondvaste bak.

Bring die water en sout tot kookpunt in ’n groot kastrol oor matige hitte. Roer die mieliemeel in en klop om te voorkom dat klonte vorm.

Laat gaar word en roer van tyd tot tyd, ongeveer 20 minute, tot styf.

Voeg die suikermielies en tiemie by. Skep helfte van die pap in die voorbereide oondbak. Skep die tamaties in ’n laag bo-oor.

Verhit die olie in ’n kastrol oor hoë hitte en braai die uie, knoffel en sampioene vir 5 minute tot goudkleurig.

Geur en skep bo-op die tamatielaag.

Skep die res van die papmengsel oor, dan die biltong en dan die kaas. Bak ongeveer 20 minute, tot die kaas gesmelt het.

Bron: Your Family 

Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.