On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

AfriForum tevrede met voorlegging in Genève

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:11 Wed, 26 Nov 2014

AfriForum tevrede met voorlegging in Genève | News Article

Genève - AfriForum se voorlegging oor minderheidsaangeleenthede by die sewende sitting van die Menseregteraad van die Verenigde Nasies (VN) se forum oor dié aangeleenthede in Genève in Switserland het vanoggend goed afgeloop.

Die burgerregtegroep se Alana Bailey sê haar voorlegging wat kern-idees oor onder meer die gebrek aan beskerming van minderheidsgroepe in Suid-Afrika en die miskenning van taalregte, het hopelik 'n impak gemaak.
 
Sy sê in haar voorlegging het sy ook aanvalle en moorde op minderheidsgemeenskappe op plase uitgelig.

Dit is die vyfde keer wat AfriForum die jaarlikse sitting van die forum bywoon. Die tema vanjaar handel oor die voorkoming en hantering van geweld en wreedhede gerig teen minderhede.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Alana Bailey uit Genève:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.