On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Human Interest

Griep-entstof nou beskikbaar

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:27 Mon, 20 Apr 2015

Griep-entstof nou beskikbaar | News Article

Bloemfontein - ‘n Aangepaste griep-entstof is nou beskikbaar op die plaaslike mark nadat die verspreiding daarvan vertraag is.

Die direkteur van Netcare se primêre sorgeenheid, Annamarie Richter, sê die entstof is gewoonlik in Maart in Suid-Afrika beskikbaar, maar dit is nie verlede maand bekikbaar gestel nie omdat die entstof eers aangepas moes word teen die tipe griep wat nou voorkom.
Sy moedig Suid-Afrikaners aan om hul jaarlikse griep-inspuiting so gou as moontlik te kry, omdat die wintergriep vanjaar sy tol in baie lande in die Noordelike Halfrond geëis het.

Richter sê griepentstowwe moet jaarliks voldoen aan aanbevelings deur die Wêreldgesondheidsorganisasie.
 
Volgens haar is kinders ouer as ses maande, bejaardes, asook swanger vroue veral kwesbaar vir die griep en die komplikasies wat daarmee saamgaan. Dit is juis daarom belangrik dat hulle die inspuiting kry.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Annamarie Richter:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.