On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Human Interest

Dapperes trotseer ysige water

───   08:23 Mon, 29 Jun 2015

Dapperes trotseer ysige water | News Article

Sowat 416 swemmers het die yskoue waters (8*C) van die Sandrivier getrotseer in nat en effens winderige toestande om die Ysbeerswem 2015 te swem.

Organiseerder Felix Burri sê hulle is deur donderweer en reënbuie wakker gemaak en het gewonder of mense vir die swem sou opdaag.
 
"Die eerste deelnemers het sowat 07:00 by die Bundukamp opgedaag en teen 11:00 was daar 'n vloedgolf van deelnemers en toeskouers." 
 
 
 
Die 4x4’s het hindernisse aangedurf terwyl swemmers hulself sielkundig voorberei het vir die ysige uitdaging. Teen 12h00 was daar 416 waaghalsiges op die walle wat die ‘countdown’ van ondersteuners aanhoor."
 
Burri sê 'n wyle na die swem het die weer begin reën.
 
"Ons was weer papnat van kop tot tone, maar niks kon die geesdrif demp nie," vertel hy.
 
 
 
Volgens Burri was die inskrywings heelwat minder as vorige jare as gevolg van die reënweer. Nietemin was die aantal deelnemers steeds goed. Die oudste swemmer was 'n dame van 74-jaar en die jongste deelnemer 'n seun van 11-jaar. 
 
Die 4x4-kompetisie wat ook aangebied is, is deur Apie Eksteen in sy Range Rover gewen gevolg deur Ikey Folkus in 'n Land Rover en kort op hul hakke, gesamentlik in derde plek, was Gys Potgieter en L Adams, albei in Land Cruisers.
 
 
 
Nagenoeg R21,000.00 is ingesamel deur Engo-gesinswelsyn vir hulle projekte in die streek.
 
 
 
Madli Grobler, Felix Burri/OFM-nuuskorrespondent, Ysbeerswem-organiseerder
 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.