On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Phakalane lugdiens lewensvatbaar

───   OWEN KOCK 08:13 Sat, 26 Jul 2014

Phakalane lugdiens lewensvatbaar | News Article
Owen Kock Kimberley - Die Phakalane lugdiens in Kimberley, wat ‘n interprovisiale diens aan inwoners van die provinsie bied, blyk lewensvatbaar te wees en het reeds 66 vlugte met 136 passasiers onderneem.
 
Dit is Vrydag bekendgemaak ná die eerste evaluering gedoen is sedert die lugdiens op 1 Februarie vanjaar met vlugte tussen Kimberley en Upington en Springbok begin het.
 
Die aantal vlugte en passasiers is vir die periode tot 30 Junie.
 
Volgens Steven Jonkers van die Noord-Kaapse department van vervoer skakel dit in by hul doelwit om toeganklike, koste effektiewe en veilige vervoer te bied.
 
Jonkers sê daar is planne om uit te brei en hulle begin eersdaags met goedkoper vlugte om die diens nog meer toeganklik te maak.

Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.