On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Riool in Matlosana gesondheidsrisiko: DA

───   DANE BEISHEIM 18:34 Wed, 30 Jul 2014

Riool in Matlosana gesondheidsrisiko: DA | News Article
Dane Beisheim
 
Klerksdorp - Die DA in Noordwes het vandag uitgevaar teen die sanitasiesituasie in die Matlosana-munisipaliteit, wat in Klerksdorp gesetel is.
 
Onbewerkte riool vloei glo vir ’n geruime tyd reeds deur 'n oop veld naby die Alabama en Jouberton informele nedersettings, en onder die N12 snelweg.
 
LUR van plaaslike regering en menslike nedersettings, Collen Maine, het onlangs ingrypings by die munisipaliteit met 'n verdere ses maande verleng.
 
Die munisipaliteit is in Maart verlede jaar onder administrasie geplaas weens finansiële probleme.
 
DA-raadslid Maritha Coetzee sê die riool wat in Alabama en Jouberton lek hou ’n ernstige gesondheidsrisiko in.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.