On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Kontrakteurs ontevrede oor Heide-bouwerk

───   18:40 Wed, 30 Jul 2014

Kontrakteurs ontevrede oor Heide-bouwerk | News Article
Duane Petrus
 
Bloemfontein - Boukontrakteurs van Bloemfontein is ongelukkig oor hul beweerde uitsluiting met die herbou van ‘n skool in Heidedal.
 
R56 miljoen se konstruksie het verlede jaar aan die Heide Pre-primêre skool begin. ‘n Maatskappy van Limpopo is die hoofkontrakteur.
 
Inwoners en gemeenskapsleiers beweer dat sub-kontrakteurs en werkers met bepaalde vaardighede wat deur Matakanye Konstruksie aangestel word, almal van Limpopo is. Ongeskoolde arbeiders van Bloemfontein word wel glo in diens geneem.
 
Na ‘n protesoptog by die konstruksieterrein Maandagoggend, is alle bouwerk gestaak totdat 'n manier gevind kan word om plaaslike inwoners by die projek in te sluit.
 
Desmond Louw, een van die plaaslike onsuksesvolle tenderaars, sê dit sal ideaal wees as minstens 25% van alle projekte aan plaaslike ondernemings toegeken kan word.









@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.