On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Brand vernietig pensioentrekker se erfgoed

───   09:21 Thu, 31 Jul 2014

Brand vernietig pensioentrekker se erfgoed | News Article
Duane Petrus
 
Bloemfontein -‘n Pensioentrekker van Bloemfontein het talle items met sentimentele waarde asook toerusting verloor toe sy motorhuis gistermiddag afgebrand het.
 
Die 56-jarige Chris Nel, van Drakensberglaan in Langenhovenpark, sê hy vermoed die brand het ontstaan weens ‘n vonk wat op ‘n stuk hout geval het terwyl hy besig was met sweiswerk. Nel, ook ‘n lid van die Bainsvlei-gemeenskapspolisiëringsforum en lid van die gebied se brandspan, sê hy en sy werkers het tuinslange en ‘n brandblusser ingespan terwyl hulle op die brandweer gewag het.
 
Hy sê al sy waardevolle erfgoed is daarmee heen.

Podcasts

Chris Nel:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.