On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Griekwastad: Tiener sal outomaties verlof tot appèl teen vonnis toegestaan word

───   SABRINA DEAN 09:10 Wed, 13 Aug 2014

Griekwastad: Tiener sal outomaties verlof tot appèl teen vonnis toegestaan word | News Article
Sabrina Dean
 
Kimberley - 'n Vrystaatse regskenner sê die minderjarige seun wat skuldig bevind is aan die drie-dubbele moord van die Steenkamp-gesin van Griekwastad, sal automaties verlof tot appél teen sy vonnis toegestaan word as gevolg van die Kinderwet.
 
Vonnisoplegging sal na verwagting vandag begin teen die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die moord op Deon Steenkamp, sy vrou Christel en hul dogter Marthella op hul plaas Naauwhoek in April 2012. Hy is ook skuldig bevind op 'n aanklag van verkragting en een van regsverydeling.
 
Die Direkteur van die UV Regskliniek, Inez Bezuidenhout.
 
Bezuidenhout sê as gevolg van die Kinderwet sal die seun se rehabilitasie en uiteindelike herintegrasie in die samelewing 'n belangrike deel uitmaak van sy vonnisoplegging.
 
Sy sê egter ten spyte van sy ouderdom, sal die hof steeds die erns van die misdade in ag moet neem.

Podcasts

Inez Bezuidenhout:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.