On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Regering moes Kuruman situasie keer: Louw

───   OWEN KOCK 15:42 Thu, 21 Aug 2014

Regering moes Kuruman situasie keer: Louw | News Article

Kuruman - Swak bestuur, beloftes deur politici en growwe nalatigheid deur die gemeenskap is die oorsaak dat kinders in die John Taolo Gaetsewe-distrik al vir meer as twee maande lank nie skool bywoon nie.

Dis volgens die leier van die DA in die Noord-Kaap, Andrew Louw, wat meen dít het alles bygedra tot gewelddadige protes-optredes deur die gemeenskap.
 
Meer as 50 skole en duisende leerlinge word deur die protes-aksie geraak en dit lyk nie of die einde in sig is nie. Die gemeenskap betoog oor ‘n pad wat hulle reeds twee jaar oor kla.
 
Hulle wil dit geteer hê sodat leerlinge makliker by die skool kan kom.
 
Louw het vandag sy kommer oor veral matrikulante uitgespreek, wat in Oktober met hul eindeksamen moet begin.

Owen Kock/OFM-nuus



Podcasts

Andrew Louw:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.