On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Vermeende diamantsmokkelsindikaat vasgetrek

───   08:49 Sat, 23 Aug 2014

Vermeende diamantsmokkelsindikaat vasgetrek | News Article
Kimberley - 'n Aantal sakelui, wat daarvan verdink word dat hulle deel van 'n diamantsmokkelsindikaat is, is in Kimberley in hegtenis geneem.
 
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag se Nathi Mncube is die verdagtes tydens 'n polisieklopjag vasgetrek.
 
Die span wat die sindikaat ondersoek is reeds in 2011 saamgestel en het deur middel van geheime agente op verskeie onwettige aktiwiteite afgekom.
 
Mncube sê die Noord-Kaapse hooggeregshof het gister tien bevelle toegestaan om bates van ongeveer R50-miljoen te vries.
 
Volgens Valke woordvoerder, Paul Ramaloko, is altesaam 19 verdagtes, wat ook deel van die sindikaat is, in Kimberley, Vryburg, Bloemfontein en in Johannesburg in hegtenis geneem.
 
Van die verdagtes het reeds in die hof verskyn is op borgtog van tussen R50- en R500-duisend vrygelaat.
 
Ramaloko verwag nog arrestasies.
 
- Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.