On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Helpende Hand bring minagtingsaansoek teen NW-departement

───   13:47 Wed, 27 Aug 2014

Helpende Hand bring minagtingsaansoek teen NW-departement | News Article

Mahikeng - Die LUR en hoof van die departement van maatskaplike ontwikkeling moet op 25 September persoonlik 'n verduideliking aan die Mahikeng-hooggeregshof gee hoekom hulle nie tronkstraf opgelê moet word nie.

Dit kom nadat die departement 'n dringende hofbevel om 'n Rustenburgse plek van veiligheid se agterstallige subsidies te betaal, verontagsaam het.

Solidariteit Helpende Hand se regspan het vandag in die Mahikeng-hooggeregshof verskyn om 'n minagtingsaansoek teen die departement te bring.

Die departement versuim al meer as twee maande lank om die agterstallige subsidie van Môrester, 'n niewinsgewende organisasie en plek van veiligheid in Rustenburg, te betaal soos deur 'n dringende hofbevel bepaal is. Daarby moes die departement ook dadelik Môrester se herregistrasie as plek van veiligheid toeken en Helpende Hand se regskoste betaal, maar het ook nie hierdie bepalings nagekom nie.

“Helpende Hand is baie tevrede met die hof se bevel, omdat ons nie sal toelaat dat weerlose kinders onder die staat se wanprestasie ly nie,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand. “Ons kan nie toelaat dat die staat bloot net aanhou om sy maatskaplike plig, en ook die kinders in sy sorg, te versaak nie.”

Die Mahikeng-hooggeregshof het ook vandag tydelike herregistrasie aan Môrester toegestaan.

Verklaring verskaf

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.