On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Bethlehem-onderwyser sê hy het nie Petri Breedt se dood veroorsaak

───   11:11 Thu, 28 Aug 2014

Bethlehem-onderwyser sê hy het nie Petri Breedt se dood veroorsaak | News Article

Bethlehem - Die man van Bethlehem wat van strafbare manslag aangekla word, het in die streekhof op die dorp onskuldig gepleit.

Die 34-jarige John Cordier, 'n onderwyser by die Maluti Hooglandskool in Bethlehem, word daarvan verdink dat hy sy 26-jarige vriendin, Petri Breedt se dood veroorsaak het.
 
Cordier het gesê hy het op 8 Maart in goeie trou opgetree toe die voorval gebeur het, twiet verslaggewer André Damons.
 
In 'n verklaring, wat in die hof gelees is, het Cordier gesê hy wou nie Breedt los om in die strate te loop nie, maar dat sy die aand van die voorval vreemd opgetree het, uit sy voertuig gespring en weggehardloop het.
 
'n Omstander wou, volgens Cordier se pleitverduideliking, Breedt te hulp staan, maar sy het kru-taal gebruik en die hulp geweier.
 
Volgens hom het hy in belang van die oorledene opgetree.
 
Cordier word daarvan verdink dat hy Breedt se dood veroorsaak het.
 
Nasionale Vervolgingsgesag-woordvoerder Phaladi Shuping, sê Breedt is bewusteloos, maar lewendig op 'n sypaadjie van die Oos-Vrystaatse dorp gevind.
 
Sy is later in Mediclinic Bloemfontein dood. Dit blyk dat sy 'n ernstige kopbesering opgedoen het.
 
Cordier is op borgtog van R2 000 vrygelaat en hou steeds skool.
 
Saamgestel deur MJ Lourens. 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.