On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

BFN tienerseuns gevonnis vir verkragting

───   08:18 Wed, 03 Sep 2014

BFN tienerseuns gevonnis vir verkragting | News Article

Bloemfontein - Vier tienerseuns is in die Bloemfontein-landdroshof tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van 'n ander seun.

Volgens Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het landdros Jan Greyvenstein die vier seuns, tussen 13 en 15 jaar oud, gevonnis vir die verkragting van 'n 10-jarige seun in November 2011.

Die seuns se vonnisse is vir vyf jaar opgeskort. Die hof het gehoor dat die vier seuns op die dag van die misdaad na 'n sokkerveld geloop het om te gaan oefen. Hulle het die 10-jarige na die oefening na 'n afgeleë plek geneem en hom verkrag.

“Die vier seuns het aan die hof gesê hulle het net 'n ‘speletjie’ met die seun gespeel en hulle moes hom as deel van die speletjie penetreer,” het Shuping verduidelik. “Hulle het gedink die seun het ingestem daarvoor, aangesien hy deel was van die speletjie.”

Staatsaanklaer Louis York sê al het die seun ingestem, was dit steeds nie wettig nie, aangesien die kind onder die ouderdom van 12 is.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.