On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nadine
Listen Live Streams

Local News

Crawford von Abo briesend oor plaasaanval op hom en sy vrou

───   14:16 Mon, 15 Sep 2014

Crawford von Abo briesend oor plaasaanval op hom en sy vrou | News Article

Bothaville - Bothaville se bekende sakeman-boer Crawford von Abo, wat gister deur ’n bende rowers in ’n plaasaanval aangerand is, sê te veel bohaai word in die land gemaak oor sake soos pres. Jacob se vroue, Nkandla, die Marikana-skietery en ’n visum vir die Dalai Lama.

Dit, terwyl van die owerheid tot opposisiepartye, kerke en die nuusmedia plaasaanvalle- en moorde en die misdaadprobleem volgens hom onderspeel. Die 81-jarige Von Abo sê hy is woedend oor die aanval gisteroggend op hom en sy 79-jarige vrou, Bibi.
 
’n Sestal rowers het hulle en twee huishulpe oorval en vir 'n uur-en-’n half rondgeruk en later vasgebind. Die rowers wou geld hê.
 
Von Abo is meer as een keer met die dood gedreig en met ’n deurstopper oor die kop geslaan. Hy sê praatjies oor wet en orde moet stop en die owerheid moet daadwerklik teen misdadigers optree.
 
Hy het al drie keer onder misdadigers deurgeloop en wil die herinstelling van die doodstraf en lyfstraf sien.

Von Abo was in die 1990’s die grootste enkele boer in Zimbabwe en het in die grondvergrype bates en plase van R700 miljoen verloor. Hy wou hê die regering moes opdok omdat Suid-Afrikaners se belange in Zimbabwe nie beskerm is nie.
 
Sy tien jaar lange hofstryd hieroor het doodgeloop toe hy verlof geweier is om na die grondwethof te appelleer.
 
Die polisie het intussen bevestig dat geld, selfone, juweliersware, 'n geweer en 'n pistool gebuit is.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

Podcasts

Crawford von Abo:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.