On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Veldbrandskade beloop reeds miljoene rande

───   16:11 Mon, 15 Sep 2014

Veldbrandskade beloop reeds miljoene rande | News Article

Bloemfontein - Die voorsitter van die Vrystaatse sambreelliggaam vir brandverenigings, Thinus Steenkamp, sê sowat 300 000 ha veld het sedert die begin van die winter in veldbrande in die provinsie afgebrand.

In drie verskillende brande het ’n boer, ’n boervrou en ’n plaaswerker ernstige brandwonde opgedoen. Nog ’n plaaswerker is ernstig beseer toe ’n brandbestrydingswatertenk van ’n sleepwa geval en op hom beland het.
 
Boere se verliese aan weiding, vee en infrastruktuur beloop reeds in die omgewing van R150 miljoen.
 
Brandbestrydingkostes beloop derduisende rande. Boere en brandspanne het die naweek weer teen brande by Bloemfontein, Welkom, Warden, Zastron en Senekal geveg.
 
Steenkamp vra mense om waaksaam en versigtig te bly.
 
Die brandrisiko bly hoog.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.