On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Local News

Hoë brandgevaar in Potchefstroom-distrik

───   DANE BEISHEIM 10:22 Tue, 16 Sep 2014

Hoë brandgevaar in Potchefstroom-distrik | News Article

Potchefstroom - Die brandgevaarindeks vir die Potchefstroom-distrik, wat Ventersdorp, Viljoenskroon en Parys insluit, sal vandag en môre die hoogste wees wat dit hierdie seison al was.

Dit is volgens die Potchefstroom-brandbeskermingsvereniging se Theo van Niekerk.
 
Die indeks staan tans 65, maar sal oor die volgende twee dae tot 81 toe styg.
 
Die probleem word vererger deur 'n hoë windspoed van tussen 19km/h en 26km/h, sowel as baie lae humiditeit.
 
Verder sê Van Niekerk dat 'n verbod op die maak van brandbane wat in Augustus, aan die begin van die brandseisoen in plek gestel is, steeds geldig is.
 
Dit sal tot Oktober of die eerste groot reën van die seisoen geld.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.