On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

NWU-ingenieurs slaggereed vir Sasol Solar Car Challenge

───   DANE BEISHEIM 16:49 Tue, 16 Sep 2014

NWU-ingenieurs slaggereed vir Sasol Solar Car Challenge | News Article

Potchefstroom - Met net meer as ’n week voor die internasionale Sasol Solar Car Challenge, is die NWU se span ingenieurs wat deelneem aan vanjaar se resies slaggereed vir die uitdaging.

Die Sirius X25 sonaangedrewe kar is geheel en al deur die studente gebou, en weeg ’n skrale 140kg.
 
Die wedren vind plaas vanaf 27 September tot 4 Oktober en begin in Pretoria.
 
Hulle vertrek vandaar na Port Elizabeth, via Bloemfontein en eindig in Kaapstad.
 
Die NWU-span het ten doel om 5 000 km af te lê deur ekstra opsionele roetes te ry wat klein dorpies langs die pad insluit. Hoe groter die afstand wat die motor in die uitdaging ry, hoe meer punte kry die span.
 
Spanleier, Albert Helberg, wat die amptelike bekendstelling van die kar op die Potchefstroomkampus vanmiddag waargeneem het, sê bloot om die kar te bestuur, het sy eie stel uitdagings.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.