On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Mediclinic wil nie sê of UV-student voor sy dood berading ontvang het

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:10 Tue, 16 Sep 2014

Mediclinic wil nie sê of UV-student voor sy dood berading ontvang het | News Article

Bloemfontein - Mediclinic Bloemfontein wil nie kommentaar lewer oor of die 19-jarige Kovsie-student, Morné van der Westhuizen, traumaberading ontvang het voordat hy gister van die hospitaal se sewende verdieping na sy dood gespring het.

Hospitaalwoordvoerder, Amanda Appelgryn, wou om etiese redes en die feit dat die hospitaal se traumaberaders se inligting vertroulik is, nie sê of die tweedejaar B.Ed-student wel behandel is nie.
 
Hy was voor sy dood by sy vriendin Chrisna Botha in die hoësorg-eenheid nadat sy die naweek ernstig in ‘n perdry-ongeluk beseer is. Appelgryn sê wel die hospitaal se beraders was betrokke by dié geval.
Volgens Appelgryn is twee traumaberaders daagliks beskikbaar om pasiënte en hul familielede deur moeilike tye te dra.
 
Hospitaalberaders is ook na ure en oor naweke beskikbaar.
 
Botha is vanmiddag, aan natuurlike oorsake, in die hospitaal oorlede nadat sy veelvuldige beserings en ernstige kopbeserings opgedoen het.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Amanda Appelgryn:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.