On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

UV beplan gedenkdiens vir twee onderwysstudente

───   07:12 Wed, 17 Sep 2014

UV beplan gedenkdiens vir twee onderwysstudente | News Article

Bloemfontein - Die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal na verwagting vandag meer inligting beskikbaar stel oor 'n roudiens vir twee onderwysstudente wat vandeesweek kort na mekaar dood is.

UV-woordvoerder, Lacea Loader, sê die treurspel waarin die 19-jarige Morné van der Westhuizen eergister van die Mediclinic Bloemfontein se sewende verdieping na sy dood gespring het en die afsterwe van sy 20-jarige vriendin Chrisna Botha gistermiddag in dieselfde hospitaal, het die universiteitgemeenskap geruk.
 
Botha het kort na 15:00 beswyk nadat sy ernstige kopbeserings opgedoen het toe sy Saterdag op hul plaas naby Lady Grey van haar perd geval het.
 
Van der Westhuizen het eergister nog by haar gewaak in die hoësorg-eenheid voordat hy die oggend na sy dood gespring het.
 
Loader sê die UV is saam met die twee belowende studente se familie en vriende hartseer en wens hul sterkte toe.
 
Die UV-bestuur en die studenteraad van die Bloemfontein-kampus tref reëlings vir 'n gedenkdiens op kampus.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.