On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Agt verskyn weer weens moord op Noordwes ANC-sekretaris

───   DANE BEISHEIM 09:55 Fri, 19 Sep 2014

Agt verskyn weer weens moord op Noordwes ANC-sekretaris | News Article

Klerksdorp - Die saak teen agt mans wat van die moord op Noordwes ANC-sekretaris Obuti Chika verdink word sal na verwagting vandag in die Klerksdorp-landdroshof hervat.

Die voormalige Noordwes LUR vir plaaslike regering China Dodovu is onder die beskuldigdes.
 
Chika is in die oprit van sy huis in Klerksdorp doodgeskiet kort voor die ANC se Mangaung-kongres.
 
Hy sou glo kort voor sy dood 'n verslag wat bedrog en korrupsie in die plaaslike regering blootgelê het, vrygestel.
 
Die ander beskuldigdes sluit in gemeenskapslid Jeffrey Letuka, voormalige Noordwes provinsiale ANC-jeugliga voorsitter Papiki Baboile, wyk-sekretaris Paul Molomonyane, raadslid Itumeleng Molebatsi, munisipale werker William Malefo en taxi-bestuurder Kgotso Kali.
 
Die vermeende skieter Sihlangu Sekhakhane het die polisie na Msinga in KwaZulu-Natal geneem waar die vermeende moordwapen gevind is.'
 
Dane Beisheim/OFM News 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.