On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Local News

AfriForum stig hulpfonds vir Harrismith ná verwoestende brande [grafiese foto]

───   13:42 Fri, 19 Sep 2014

AfriForum stig hulpfonds vir Harrismith ná verwoestende brande [grafiese foto] | News Article

Harrismith - AfriForum het vandag ’n noodfonds gestig om noodsaaklike ondersteuning te verleen aan Harrismith-inwoners en boere, nadat veldbrande ’n gebied van ongeveer 4000m2 verwoes het.

Ds. Johannes de Bruyn, die AfriForum-takvoorsitter in Harrismith, sê die veldbrand het in Warden begin en deur Harrismith beweeg voor dit sowat 10km voor Ladysmith gekeer is. “Ons gemeenskap is geruk deur die lewensverliese asook verlies van eiendom en plase wat tot op die grond afgebrand het.”

AfriForum het R10 000 tot die hulpfonds geskenk, en ’n SMS-veldtog is geloods om die publiek aan te moedig om betrokke te raak.

Volgens CW Els, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Vrystaat, sal die ander AfriForum-takke in die provinsie ook genader word om Harrismith by te staan.

SMS “BRAND” na  38310 om R10 tot die hulpfonds te skenk. Skakel AfriForum by 012 644 3951 vir meer inligting en ander donasies.
Verklaring verskaf

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.