On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Harrismith-brande eis nog 'n lewe

───   12:17 Sun, 21 Sep 2014

Harrismith-brande eis nog 'n lewe | News Article

Harrismith - Die verwoestende veldbrande wat Donderdag en Vrydag buite Harrismith gewoed het, het 'n vierde mens se lewe geëis.

Die eienaar van die Mount Everest-wildplaas, Petrus Weyers, het bevestig nog een van sy werknemers, Nico Joubert, is in die Milpark-hospitaal in Johannesburg aan sy brandwonde dood.
 
Joubert, in sy twintigs, is Vrydag in 'n kritieke toestand van die Hoogland-Mediclinic op Bethlehem na Milpark oorgeplaas, waar hy gisteraand oorlede is.
 
Drie mense wat saam met Joubert op dié wildplaas teen die vlamme wou veg, predikant Johan Mocke, sy tienerseun Zander, en 'n plaaswerker, Kehla Mokoena, het almal doodgebrand.
 
Die plaasbestuurder JP du Toit, ook in sy twintigs, het erg gebrand en is in 'n ernstige toestand in die Hoogland-Mediclinic.
 
Working on Fire se Willem van Aswegen sê nadat die brande by Harrismith onder beheer was, moes brandspanne en boere teen nog brande by Bethlehem, Clarens en Ficksburg veg.
 
Minstens agt huise is vernietig. Honderde plaasdiere het ook doodgebrand en duisende hektaar se weiding is vernietig.
 
Die landbou-minister Senzeni Zokwana het die gebied gister besoek.
Dirk Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.