On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Local News

Mangaung hoogverraadverhoor: Slotbetoë begin na verwagting vandag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:14 Mon, 22 Sep 2014

Mangaung hoogverraadverhoor: Slotbetoë begin na verwagting vandag | News Article

Bloemfontein - Slotbetoë sal na verwagting vandag begin in die sogenaamde Slag van Mangaung hoogverraadverhoor in die Vrystaatse hooggeregshof.

Johan Prinsloo staan tereg weens 'n beweerde plan om afgevaardigdes by die ANC se 2012 Mangaung-kongres aan te val.
 
Die verdediging het vroeër sy saak gesluit sonder dat Prinsloo in die getuiebank was. Johann Nel vir die verdediging het aan regter Mojalefa Rampai gesê die besluit is geneem na indiepte-gesprekke en oorwegings.
 
Prinsloo, Martin Keevy en Mark Trollip is in Desember 2012 in hegtenis geneem.
 
Trollip het skuldig gepleit op aanklag van sameswering om terreurdade te pleeg en is tot agt jaar tronkstraf gevonnis.
 
Keevy is onverhoorbaar verklaar.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.