On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Harrismith-brande het straks op plaas begin

───   15:19 Mon, 22 Sep 2014

Harrismith-brande het straks op plaas begin | News Article

Harrismith - Die polisie op Harrismith ondersoek die moontlikheid dat verlede week se verwoestende veldbrande uitgebreek het as gevolg van ’n boer wat brandwerk op sy plaas gedoen het terwyl daar ’n hoë brandgevaar was.

Die polisie se Mmako Mophiring het bevestig hierdie ondersoek word tesame met vier geregtelike doodsondersoeke gedoen nadat vier mense hul lewe as gevolg van die brande verloor het.
Die predikant Johan Mocke, sy tienerseun Zander, en ’n plaaswerker, Kehla Mokoena, het Donderdag op die Mount Everest-wildplaas doodgebrand toe hulle deur die vlamme oorval is.
 
Nog ’n werknemer van Mount Everest, Nico Joubert, het Saterdagaand aan brandwonde in ’n hospitaal in Johannesburg beswyk.
 
Die eienaar van Mount Everest, Petrus Weyers, sê sy jong plaasvoorman JP du Toit, wat ook erg gebrand het, het vandag die eerste veloorplantings ondergaan. Weyers sê dit gaan redelik goed met Du Toit. Du Toit bly positief al het hy baie erg gebrand.
 
Die voorsitter van die Vrystaatse sambreelliggaam vir brandverenigings, Thinus Steenkamp, sê tussen 40 000 en 45 000 ha veld het Donderdag en Vrydag buite Harrismith afgebrand en skade van miljoene rande is aangerig. Huise, infrastruktuur, vee en wild het in die slag gebly.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.