On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Nog ‘n VS-skoolhoof in pekel oor beweerde rassisme

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:09 Tue, 21 Oct 2014

Nog ‘n VS-skoolhoof in pekel oor beweerde rassisme | News Article

Bothaville - Lede van die gemeenskap op Bothaville doen ‘n ernstige beroep op die Vrystaatse onderwysdepartement om in te gryp en die hoof van ‘n plaaslike skool tydelik te skors hangende ‘n interne ondersoek.

‘n Bekommerde lid van die gemeenskap, wat verkies om anoniem te bly, het gister aan OFM-nuus gesê die hoof staan tereg op onder meer ‘n aanklag van crimen injuria, maar is steeds betrokke by die skool. Hy het glo ‘n gr.8-leerling rondgepluk en dié 14-jarige seun met die k-woord toegesnou.
 
Die seun was na bewering in die besit van dagga by die skool. Hy is na die voorval deur die hoof geskors.
 
Volgens die ingeligte bron het die seun se ouers ook klagte van aanranding en rassisme by die polisie ingedien sonder dat die beweerde voorval intern deur die departement ondersoek is. Die skoolhoof viktimiseer glo boonop nou die leerling wat intussen terug is by die skool.
 
Die departement se woordvoerder, Howard Ndaba, sê hulle was onbewus van die kwessie en dit word nou ondersoek.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.