On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Local News

Bloemfontein-skoolhoof uit pos ontslaan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:43 Tue, 21 Oct 2014

Bloemfontein-skoolhoof uit pos ontslaan | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaatse onderwysdepartement het vanoggend die geskorste skoolhoof van die Laerskool Wilgehof in Bloemfontein summier uit sy pos ontslaan.

Dit kom nadat Fanie Roeloffze vroeër vandeesmaand in 'n dissiplinêre verhoor deur die departement skuldig bevind is op twee aanklagte dat hy sy pligte swak en onvoldoede uitgevoer het. Hy het nie toegesien dat ‘n ou landsvlag en beweerde beledigende foto's van ape en Julius Malema in ‘n klaskamer by die skool verwyder is nie.

Roeloffze se prokureur, Marius van Rensburg, sê hulle gaan appelleer teen die voorsittende beampte van die verhoor, Mpe Ncgosane, se skuldigbevinding en strafoplegging.

Van Rensburg sê hy staan by sy kliënt se onskuld.
 
Volgens hom gaan Roeloffze hom tot die Raad vir Arbeidsverhoudinge in Onderwys (Ravo) wend, wat ‘n onafhanklike arbiter in 'n nuwe arbitrasie sal aanstel.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Marius van Rensburg:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.