On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

VS-munisipaliteite moet ekonomiese potensiaal ontgin: Masuku

───   OWEN KOCK 16:44 Thu, 23 Oct 2014

VS-munisipaliteite moet ekonomiese potensiaal ontgin: Masuku | News Article

Bloemfontein - Die oplossing vir werkloosheid, armoede en ongelykhede in die Vrystaat lê nie buite die land se grense, by die Uniebou of die parlement nie, maar by die provinsie se munisipaliteite.

Dit, volgens die adjunkminister van ekonomiese ontwikkeling, Madala Masuku.
 
Hy het vandag afgevaardigdes van al die munispaliteite in die Vrystaat in Bloemfontein toegespreek oor sy departement se programme om die ekonomiese potensiaal van munisipaliteite te ontgin.
 
Masuku sê dis die verantwoordelikheid van elke inwoner van Mangaung om te help dat die ekonomie groei. Die vertrekpunt is die natuurlike hulpbronne wat in die provinsie beskikbaar is.
 
Owen Kock/OFM-nuus



Podcasts

Madala Masuku:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.