On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

VS-onderwys vergader môre met skool op Zastron

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:31 Thu, 30 Oct 2014

VS-onderwys vergader môre met skool op Zastron | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaatse onderwysdepartement gaan môre met die hoof van ‘n skool op Zastron vergader om die beweerde romantiese verhouding tussen twee onderwyseresse en twee seuns van dieselfde skool te bespreek.

Die departement se woordvoerder, Howard Ndaba, sê hulle beskou die beweerde oortreding in 'n baie ernstige lig.
 
Die twee seuns is onderskeidelik 17 en 18 jaar oud en die beweerde verhoudings duur glo al geruime tyd.
 
Intussen sê die hoof van die Hoërskool Zastron, Dawie Venter, hy word oorval met oproepe van bekommerde ouers met kinders in sy skool. Venter sê die twee vroue en twee seuns is nie verbonde aan sy skool nie.

OFM-nuus het vertroulik verneem dat die twee vroue in die Bloemcare Psigiatriese-kliniek in Bloemfontein opgeneem is. Een van hulle is glo getroud.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Dawie Venter:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.