On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Local News

Vragmotorbestuurder kry borgtog, bly in aanhouding

───   DANE BEISHEIM 18:53 Thu, 30 Oct 2014

Vragmotorbestuurder kry borgtog, bly in aanhouding | News Article

Potchefstroom - Die bestuurder van 'n vragmotor wat Dinsdagaand betrokke was in 'n noodlottige ongeluk buite Potchefstroom het vandag in die plaaslike landdroshof op aanklagte van strafbare manslag verskyn.

Paulos Sithebe is volgens die polisie se Pelonomi Makau R3000 borgtog toegestaan, maar hy is steeds in aanhouding omdat hy dit nie kon betaal nie. Hy sal weer op 28 November in dieselfde hof verskyn.
Sithebe het klaarblyklik 'n u-draai in die pad gemaak toe 'n bakkie met vyf insittendes, die Van Schalkwyk-gesin, in die vragmotor vasgery het.
 
Die bestuurder van die bakkie, Hendriko, is op die toneel dood en sy oudste seun, die agtjarige Jan-Hendrik, later die aand in die Potchefstroom-hospitaal.
 
Die vyfjarige Marco, sy ma, Karen en babasussie, Roelien is nog in die hospitaal.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.