On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

VS-onderwys tevrede met matriekeindeksamen

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:46 Thu, 27 Nov 2014

VS-onderwys tevrede met matriekeindeksamen | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaatse onderwysdepartement is tevrede met die afloop van die matriekeindeksamen wat môre met die vakke landboutegnologie en dansstudies eindig.

Woordvoerder, Howard Ndaba, sê vir die meeste matriekleerlinge was die nasionale seniorsertifikaat-eksamen regverdig, billik en uitdagend. Hy sê min probleme en onreëlmatighede is aangemeld.

Ndaba sê geen kragonderbrekings het die eksamen onderbreek nie, maar die departement is bekommer oor die invloed wat beurtkrag op die merkproses by die 16 merksentrum oor die provinsie heen kan hê.
 
Na verwagting sal meer as 2 450 personeellede antwoordstelle vanaf 6 tot 16 Desember merk. Ndaba sê interne moderators en hoofnasieners in die onderskeie vakke sal opleiding by die nasionale departement in Pretoria ontvang.
Hulle is verantwoordelik om die res van die nasieners op te lei.
 
Die matriekuitslae word op 5 Januarie bekend gemaak.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Howard Ndaba:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.