On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Bloemfonteinse seun steeds gesoek na wolkbreuk

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:36 Fri, 28 Nov 2014

Bloemfonteinse seun steeds gesoek na wolkbreuk | News Article

Bloemfontein - Die polisie in Bloemfontein sê die sewejarige seun wat gister saam met maats in ‘n kanaal in die stad gespeel het en deur stormwater meegesleur is na ‘n wolkbreuk, is nog nie gevind nie.

Polisiewoordvoerder, Harry Nagel, sê hulle duikers asook lede van die brandweer se soektog duur voort.
 
Nagel sê die polisie kan nie meer inligting beskikbaar stel oor die seun se identiteit nie totdat hy gevind is.
 
Die kanaal vloei na die Bloemspruit wat in die Krugersdriftdam uitmond.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.