On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Noord-Kaap is reg vir natuurrampe

───   17:43 Wed, 17 Dec 2014

Noord-Kaap is reg vir natuurrampe | News Article

Kimberley - Die Nood-Kaapse plaaslike regering sê 'n tekort aan brandweerwaens en opgeleide personeel sal die provinsie nie keer om natuurrampe sou dit voorkom te hanteer nie.

Provinsiale woordvoerder, Xhanti Tseki, sê vier regerings van provinsies wat aan die kus geleë is, het ooreengekom om die Noord-Kaap by te staan sou rampe soos wegholbrande voorkom.
 
Daar is slegs 15 brandweerwaens en 57 brandweermanne in die Noord-Kaap. Ses van die waens is in Kimberley. Tseki sê hulle maak ook gebruik van talle vrywilligers, wat opgelei is om met brande en ander rampe te help.
 
Daar is ook planne om meer waens in die provinsie te kry. Altesaam 15 jongmense word ook opgelei as brandweermanne. Meer mense sal na verwagting opgelei word. 

 
Duane Petrus/OFM News 

Podcasts

Xhanti Tseki:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.