On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

SPU kry eersdaags se eerste vise-kanselier

───   OWEN KOCK 14:55 Thu, 08 Jan 2015

SPU kry eersdaags se eerste vise-kanselier | News Article

Kimberley - Met die 2015 akademiese jaar vir tersiêre instellings, wat eersdaags begin, behoort die Sol Plaatje Universiteit in Kimberley ook ‘n heeltydse vise-kanselier te hê.

Aansoeke vir die pos het in Desember verlede jaar geopen, onderhoude is gevoer en ‘n kortlys is intussen saamgestel. Die eerste volwaardige raad van die universiteit vergader vroeg in Februarie.
Daar word verwag dat ‘n voltydse aanstelling dan gemaak kan word. Die tussentydse hoof, Yunis Ballim, is volgens ‘n betroubare bron die gunsteling vir die pos.
 
Ballim, wat in Johannesburg bly, het laat verlede jaar aan OFM-nuus gesê hy moet eers die pos en moontlike skuif met sy gesin bespreek, maar het later bevestig dat hy wel om die pos aansoek gedoen het.
 
Die Universiteit is die eerste om sy deure ná 1994 in ‘n demokratiese Suid-Afrika te open.
 
Owen Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.