On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Kapers buit kwartmiljoen se sigarette in Bloemfontein

───   OWEN KOCK 14:31 Tue, 27 Jan 2015

Kapers buit kwartmiljoen se sigarette in Bloemfontein | News Article

Bloemfontein - Die polisie in Bloemfontein is op soek na drie verdagtes ná ‘n kaping in die vroeë oggendure.

Volgens polisiewoordvoerder Chaka Marope behoort die gekaapte voertuig aan die British American Tobacco-maatskappy.
 
Die bestuurder het by ‘n vulstasie in Melvillestraat by die Brandwag-sentrum gestop om kos te koop en terwyl hy op pad terug na sy voertuig was, is hy deur drie mans met vuurwapens aangekeer en in die voertuig gedwing.
 
Hulle is toe met hom na 'n huis in Universitas.

Twintig dose sigarette met ‘n geskatte waarde van R250 000 is gebuit.
 
Owen Kock/OFM-nuus 

Podcasts

Chaka Marope:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.