On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Local News

Noord-Kaap-teater weer in kollig

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:51 Tue, 27 Jan 2015

Noord-Kaap-teater weer in kollig | News Article

Kimberley - Dit is vir die DA in die Noord-Kaap belangrik dat die kunste in die provinsie sal bloei en eis nou antwoorde van die nasionale departement van sport, kuns en kultuur oor die opgradering en herstel van die Noord-Kaap-teater in Kimberley.

Dit volgens die DA se skaduminster van kuns en kultuur, Allen Grootboom, nadat werk aan die gebou in Oktober verlede jaar gestaak is.
 
Grootboom sê miljoene is reeds deur die departement asook die nasionale departement bewillig om die gebou op te gradeer sedert die 2009/2010 finansiële jaar. Hy sê dit wil egter voorkom of geen kosteberekening gedoen is en 'n tenderprosedure nie gevolg is nie.
 
Volgens Grootboom gooi die regering geld in 'n bodemlose put, terwyl die kunste in die provinsie daaronder ly. Hy soek nou antwoorde.

Grootboom sê die Noord-Kaapse departement alleen het aanvanklik R1,2 mijoen beskikbaar gestel vir die opgradering van die gebou. Daarna is R7 miljoen in die 2010/2011 finansiële jaar, gevolg deur nog R5,4 miljoen beskikbaar gestel. 
 
Grootboom het die perseel vandeesweek besoek en sê daar was geen kontrakteur nie.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus




Podcasts

Allen Grootboom:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.