Local News
'Parys krag vir ten minste 'n week af'─── DANE BEISHEIM 09:31 Tue, 10 Feb 2015
Parys - Die kragtoevoer na Parys in die Vrystaat behoort nie binne die volgende week herstel te wees nie.
Dit is volgens Saal de Jager, voorsitter van die plaaslike waterforum.
De Jager het vanoggend aan OFM-nuus gesê ’n substasie het gisteraand ontplof.
Ongeveer die helfte van die elektriese skakelaars, insluitend 'n paar transformators in die hoof substasie by Tumahole, is beskadig. Gevolglik is persone met boorgate volgens De Jager ook sonder water gelaat.
Hy sê verder omdat die toerusting verouderd is, dit die herstelproses bemoeilik weens ’n tekort aan parte.
Dane Beisheim/OFM-nuus