On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Reën bring verligting, maar vir baie is dit te laat

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:14 Thu, 26 Feb 2015

Reën bring verligting, maar vir baie is dit te laat | News Article

Bothaville - Goeie reënbuie in groot dele van die Vrystaat die afgelope week het welkome verligting vir talle boere gebring al het droogtetoestande reeds sy tol op baie somergewasse, veral mielie-oeste geëis.

‘n Gemengde boer van Bothaville, Christiaan Bouwer, sê die afgelope week se reën help baie vir weiding en dele in die distrik kan baat daarby. Hy sê egter die reën het té laat gekom vir ‘n groot deel van sy mielie-oes omdat daar nie vol bestuiwing weens die droogte en hitte plaasvind het nie.
Sy sonneblom-oes het ook skade gely, terwyl die reën wel vir sy grondbone, wat nog groen en welig is, gehelp het.

Bouwer meen die hele distrik het sowat 50% droogteskade.
 
Volgens hom is dit die eerste keer sedert Kersfees dat dit goed in die distrik gereën het.
 
Intussen voorspel die Nasionale Weerdiens in Bloemfontein nog reën oor die naweek vir sentraal-Suid-Afrika. Daar is ‘n 60% kans op reën môre en Saterdag vir die hele Vrystaat, terwyl daar ‘n 30% kans op reën vir Noordwes is. In die oostelike deel van die Noord-Kaap is daar ‘n 30% kans op reën tot Sondag.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Christiaan Bouwer:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.