On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

VL stel kontrolelys oor veiligheid op plase beskikbaar

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:38 Fri, 27 Feb 2015

VL stel kontrolelys oor veiligheid op plase beskikbaar | News Article

Bloemfontein - Vrystaat Landbou moedig boere aan om ‘n kontrolelys oor veiligheidsmaatreëls op plase te voltooi, omdat hulle vir hul eie veiligheid verantwoordelik is.

‘n Veiligheidsrisoko-ontleder by Vrystaat Landbou, Jane Buys, sê die lys bevat vier fokuspunte waaraan boere hulself kan meet.
 
Dit sluit in veiligheidstrukture wat reeds in plek is op plase en die inskakeling deur boere by ‘n landelike veiligheidsplan en struktuur in samewerking met die polisie.
 
Daar word ook vasgestel of boere gereeld met bure in verbinding is en of plaaswerkers ingelig is oor die nodige gebeurlikheidsplan en of hul bewus is van hul eie veiligheid.

Die lys is saamgestel in die lig van die toenemende aantal plaasaanvalle in die provinsie sedert verlede jaar. In die mees onlangse voorval is ‘n egpaar gister deur drie gewapende mans op hul plaas by Virginia aangeval en beroof.
 
Hulle is liggaamlik ongedeerd. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
 
Die kontrolelys is op Vrystaat Landbou se webwerf beskikbaar.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus




Podcasts

Jane Buys:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.