On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Local News

Solidariteit, AfriForum stel verslag oor reg op Afrikaanse tersiêre onderrig vry

───   DANE BEISHEIM 10:17 Sun, 01 Mar 2015

Solidariteit, AfriForum stel verslag oor reg op Afrikaanse tersiêre onderrig vry | News Article

Potchefstroom - Die vakbond Solidariteit en burgerregte-organisasie AfriForum gaan eersdaags 'n verslag oor die reg tot moedertaalonderrig op tersiêre vlak vrystel.

Alana Bailey, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, sê die reg van Afrikaanssprekendes om toegang tot onderrig in hul moedertaal te kry word toenemend deur die betrokke owerhede ontken.
 
Sy sê verder daar sal 'n spesiale fokus op Afrikaans by die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-Universiteit wees.
 
Die verslag is volgens Bailey in opdrag van Solidariteit en AfriForum deur die internasionale taalregtekenner, Fernand de Varennes, saamgestel.

Dane Beisheim/OFM-nuus

Podcasts

Alana Bailey:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.