On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

DA soek antwoorde oor swak dienslewering aan tronke

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:24 Mon, 02 Mar 2015

DA soek antwoorde oor swak dienslewering aan tronke | News Article

Bloemfontein - Die DA in die Vrystaat soek antwoorde by die minister van justisie en korrektiewe dienste, Mike Masutha, oor swak dienslewering aan tronke in die provinsie.

Die DA se George Michalakis sê hulle gaan Masutha vra om te verduidelik hoe hy die departement se onvermoë om voorraad soos uniforms aan personeel en gevangenes te verskaf, gaan hanteer. Michalakis sê daar is plaaslike tronke wat sedert 2009 geen uniforms ontvang het nie. Boonop was baie van die uniforms wat destyds verskaf is die verkeerde groottes. Uniforms is in 2012 die laaste keer bestel waarna opdrag gegee is om verdere bestellings te kanselleer. Slegs 25% van die uitstaande uniforms is sedertdien verskaf. ‘n Vorige navraag van die DA aan Masutha oor die hoeveelheid uniforms wat aan tronke in die Vrystaat en Noord-Kaap verskaf is, is met ‘n volledige uiteensetting beantwoord. Die DA se skriftelike versoek aan Masutha is op die uiteensetting van toepassing. Christal-Lize Muller/OFM Nuus

Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.